Liewe Skoonma

Subject: Liewe Skoonma
From: Die geduldige Skoondogter
Date: 15 Aug 2017

Liewe skoonma.

Vandag se ek vir jou dankie, dankie vir elke boodskappie slegs op kersfees en op my verjaarsdag en soms sommer na my man se foon 
Dankie dat ek dan intussen daai gebeurtenisse nie werklik verder van jou hoor nie, dat jy nooit na ons huiskom vir koffie nie, dat jy my nooit bel sommer om net te hoor hoe dit gaan.
Dankie dat jy eerder verkies om jou seun soms n boodskap te stuur so nou en dan, tenminste dan dink hy dat jy darem aan hom ook dink
Dankie dat by familie gebeurtenise ons altyd laaste genooi word, en altyd laaste is om enigiets uittevind daarvan. En eintlik ook nooit eers gaan nie want ons voel nie welkom nie. Dankie daarvoor ook.
Jy weet jy spaar my eintlik baie moeite… ek kan aan niks aakliger dink as om n hele aand of dag in jou agteraf gesig vastekyk nie.
Dankie dat jy soveel aandag en begrip en watookal die naam is vir wat jy doen, aan jou ander skoonseuns gee. My man sien dit en weet jy, jy stoot hom eintlik net verder weg.
Dankie dat ek en jy nie vir koek en tee hoef te gaan nie, geen middagetes, geen ongemaklike situasies.
Dankie dat jy juis nie al jou kinders onder die selfde kam skeer nie, dit is heel duidelik aan my man , maar ek voel eintlik n veer.. vir wat jy dink jy gaan bereik en vir wat jy mee besig is.
Ek kyk baie mooi na jou seun, ja hyt nog al die slegte gewoontles wat hy uit jou huis geneem het maar vir die res hy goed versorg en in n liefdevolle huis met genoeg van alles wat saakmaak.

Dankie dat ons nie facebook maatjies is nie, dat jy nie vir my mails stuur nie..
Dat jy nie betrokke is by enigeiets in ons lewens nie, dit is nou al so erg dat dit op die skoonpa ook afdruk, hy het net gevleulde woorde vir sy skoonseun met die plaas en skape ,
Sy eie seun is vir hom een wat hy min meet e doen het, dit is verskriklik jammer dat jy en jou vrou nooit die man sal ken wat jul seun werklik is nie.
Eendag as die Vader een vir een sy kinders kom haal sal daar geen telefone of rekenaar in die hemel wees nie. Sal jy nie meer die foon kan optetel nie, sal dit reeds te laat wees om n ketel aan te sit of in jou kar te klim…
Sal die trane reeds geval en en die harte reeds gebreek het..

Category: